Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Afrikaner: Mandela se "meerderheidsparty" steek neus in die grond
Die Afrikaner: Mandela se "meerderheidsparty" steek neus in die grond [boodskap #7187] Vr, 06 September 1996 00:00
Herstigte Nasionale P[1]  is tans af-lyn  Herstigte Nasionale P[1]
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Die nuutste Internet-uitgawe van Die Afrikaner, mondstuk van die
Herstigte Nasionale Party, is nou beskikbaar by

http://www.hnp.org.za/afrikaner

************************************************************ ****

Mandela se "meerderheidsparty" steek neus in die grond
(Deur 'n Spesiale medewerker)

Die ANC se organisasie is in so 'n toestand van verval dat Nelson
Mandela hom nou moet losmaak van sy regeringspligte en op 'n
uitgebreide toer van sowat ses weke moet gaan om die ANC-
organisasies in die nege provinsies te probeer aan die gang kry.
In 'n berig in die Engelse sondagblad Sunday Independent word
berig dat Mandela "erken het dat die stand van die organisasie
chaoties is." Blykbaar was dit na aanleiding van 'n vergadering
van 'n ANC-liggaam waarop die toestand van die organisasie in
o‰nskou geneem is.
In dieselfde uitgawe van di‚ blad skryf 'n ander joernalis oor
"die treurige stand van die organisasie se geldsake en
administrasie en die gebrek aan sukses om nuwe lede te werf."
Di‚ joernalis het blykbaar toegang gehad tot vertroulike
dokumente en besprekings.
Hy maak gewag van "die moe‰ en ontgogelde gedrag van die
personeel in Shell House, die ANC se hoofkwartier." En hy noem
"die desperate soektog na 'n geskikte kandidaat vir die pos van
sekretaris-generaal."
Hierdie gegewens dui op 'n klaarblyklike krisis wat
onafwendbaar op die ANC afstuur. Dit is 'n ongehoorde toestand
vir 'n party wat twee jaar tevore met groot media-gebulder die
regering van Suid-Afrika oorgeneem het. Normaalweg groei 'n
party feitlik outomaties nadat hy 'n verkiesing gewen het.
Mandela se voorgenome besoeke aan die ANC se provinsiale
organisasies is klaarblyklik 'n desperate poging om die ANC se
strukture enigsins respektabelheid te gee in die lig van die
aanspraak op die status van 'n "meerderheidsregering."
Na verneem word, is in die Vaaldriehoek skaars 1600 lede, en
in Pretoria omstreke minder as 4000. In die ander streke van die
Gauteng-provinsie is die toestand min of meer dieselfde. Selfs
in 'n Swart buurt soos Thokoza is daar glo sowat 500 lede en in
Vosloorus 400. In Blanke gebiede is daar meestal minder as 10
ANC lede. In die digbevolkte Johannesburgstreek met sy honderde-
duisende inwoners is die ledetal ver onder 20 000. En in die
dokument word erken dat ledewerwing nie vorder nie.
In die betrokke besprekingsdokument word ook verwys na wat
genoem word "die neiging binne die organisasie om neer te sien
op di‚ wat nie in posisies van politieke mag is nie." En daar
word vermeld dat leiers wat buite die politieke strukture is,
verder gedemoraliseer word deur die groeiende gaping tussen die
ANC-regering se ekonomiese beleid en die sosialistiese oogmerke
van Cosatu en die SA Kommunistiese Party (SAKP).
Uiters betekenisvol word die SAKP beskryf as "die klein maar
invloedryke SAKP." Daaruit kan afgelei word dat die SAKP steeds
die stert is wat die hond swaai.
Die ANC se interne probleme eindig nie hierby nie. Daar is
groeiende spanning tussen wat "die bannelinge" genoem word (di‚
wat na die buiteland gevlug het) en die leiers van die
binnelandse aksie van die "Mass Democratic Movement." Die Winnie
Mandela en Bantu Holomisa-gevalle is nie sonder betreklikheid
hierop nie.
Daarby het Mandela se populariteit afgeneem onder die gewone
volk. En Thabo Mbeki se opvolging is glad nie 'n uitgemaakte
saak nie. In die berig oor die ANC se organisasie in Sunday
Independent word selfs gesˆ dat die aanwysing van Mbeki as
Mandela se opvolger "eerder 'n albatros as 'n bate kan blyk te
wees, namate sterk magte binne en buite die ANC hulle invloed
laat geld." Dit dui op ernstige botsings en tweedrag.
Met hierdie toestand in die ANC word die regering se onvermo‰
om die land te regeer, uiteraard baie vererger. Byna alle
stadsrade in SA is in uiterse finansi‰le verknorsing weens
wanbetaling van gelde vir dienste. Daar is geen plan om di‚
probleme op te los nie. En dit stuur af op volslae rampspoed.
In die provinsies is toestande nie veel anders nie. Selfs in die
rykste provinsie, Gauteng, was daar onlangs sprake dat daar net
nog vir drie weke geld sou wees om die administrasie aan die gang
te hou.
Die leiers van die HNP waarsku reeds geruime tyd lank dat daar
'n ineenstorting kan kom voordat mense dit verwag. "Hierdie
moontlikheid," sˆ mnr. Jaap Marais, leier van die HNP, "word by
die dag groter. Die ANC is kennelik nie in staat om die
finansi‰le en sosiale gevolge van sy beleid om die land
onregeerbaar te maak, te hanteer nie. Daarby is die leierskap
se aansien aan die kwyn en is die ANC as 'n politieke party
klaarblyklik eintlik net nominaal."
Weens die gebrekkige organisasie, sˆ mnr. Marais, is die
Kommuniste se invloed en houvas aan die ANC uiters effektief.
En soos verwag moet word, is die Kommuniste revolusiegerig en is
die handhawing van 'n stabiele staat nie hoog op hulle agenda
nie. Dit sal die ineenstorting van die bestel verhaas.
"Die beeld van die ANC wat nou na vore tree, maak 'n volslae
bespotting van die idee van 'n meerderheidsregering en die
magsoordrag van April 1974," sˆ mnr. Marais.
Vorige onderwerp: Re: FW de Klerk, ex SA President, liar, traitor, arse-licker, g
Volgende onderwerp: lage landen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 12:21:28 MGT 2024